GEORGE NUUS - 'n Jong pa van twee, Brandon Stalmeester (25) van Pacaltsdorp, is laat vanmiddag, Woensdag 27 Junie, in die Thembalethu-streekhof skuldig bevind aan die moord op sy oom, Ernst Hartnick (54).
Hy is kort daarna deur landdros Pumela Yono tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis.
Hartnick se bebloede liggaam is op 29 Oktober 2016 met 'n gapende wond aan sy kop, in 'n poel bloed in sy kamer op die vloer aangetref. Hy is herhaaldelik met 'n stomp voorwerp geslaan.
Hartnick en Stalmeester het oor erfgeld gestry waarna Stalmeester sy oom met 'n staalpyp doodgeslaan het.
Hy is na die voorval in hegtenis geneem.
In November 2016 is Stalmeester borgtog geweier en hy was sedertdien in aanhouding.
Hy ontken steeds skuld en staan voet by stuk dat hy onskuldig is.
Lees meer in volgende week se George Herald, asook aanlyn.
Lees 'n verwante artikel: Hof besoek moordtoneel
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'