GEORGE NUUS - Een van die invloedrykste poste in die Wes-Kaapse DA word nou deur 'n persoon van die Tuinroete beklee.
Jaco Londt (35) is vanmiddag tot voorsitter van die party in die provinsie verkies.
Londt is 'n lid van die nasionale raad van provinsies in die parlement en was tot onlangs voorsitter van die DA se oosstreek. Hy kom in die plek van Anton Bredell wat nie weer verkiesbaar was nie.
Londt is 'n bekende politikus in die Tuinroete. In 'n stadium het hy in George gewoon en is op die oomblik die DA se kiesafdelingshoof vir Mosselbaai.
Londt het kort gelede aan die George Herald gesê hy sien baie uit na sy nuwe uitdaging: "Daar is 'n enorme taak wat op ons wag om dissipline te handhaaf en die DA-verskil te kommunikeer."
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'