GEORGE NUUS - Die gedenkdiens vir dr. Jaap Steenkamp van George, een van die voorste figure in Suid-Afrika se bosboukringe, vind Vrydag 30 Julie om 11: 00 plaas.
As gevolg van Covid-19-protokolle sal getalle beperk word. Belangstellendes sal die begrafnis aanlyn kan volg by https://youtu.be/siWyj5F7VNc*
Steenkamp is verlede Donderdag, 22 Julie, oorlede.
Die 62-jarige Steenkamp het diep spore in bosboukringe getrap. Hy was die laaste paar jaar onder meer bekend vir die werk wat hy gedoen het in die bestryding van die stompkopkewer.
LEES HIER: Bosbouleier sterf weens Covid
Steenkamp het 'n onderliggende longsiekte gehad en het 'n tydjie gelede positief vir Covid-19 getoets. Hy was in isolasie en is later in 'n hospitaal opgeneem.
Hy word oorleef deur sy eggenoot, Careen, twee kinders, Helgaard en Joan, 'n skoondogter, Nadia en drie kleinkinders.
Live Stream link to the funeral coverage of dr. Jaap Steenkamp on Friday at 11:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'