Moderne tegnologie soos die internet kan baie voordele vir die mens inhou, maar steek net soveel boosheid en gure karakters weg.
Dit is baie ironies dat die einste tegnologie wat ons lewens vergemaklik, soos die internet en slim selfone, al hoe meer deur kriminele gebruik word om hul slagoffers nader te lok. Volgens Britse navorsing is dit wêreldwyd ‘n groeiende tendens om op dié manier veral jong en onskuldige tieners te teiken - selfs so jonk as 10 jaar oud.
SMS-lingo
NetLingo, ‘n webtuiste wat jou kan help om "chat lingo" te verstaan, het die "Top 50 acronyms parents need to know" bekend gemaak. Dit is veral na aanleiding van onderskeie voorvalle waar minderjarige kinders betrek is by pornografie of seksuele misdrywe as gevolg van geselskamers op die internet, sosiale netwerke en Mxit. Jongmense maak veral gebruik van die SMS-taal aangesien die meerderheid volwassenes nie vertroud is daarmee nie.
Met al hoe meer kinders wat blootgestel word aan misdaad of seksuele misdrywe weens die SMS-kultuur, internet geselskamers of sosiale netwerke kan ouers nie anders as om hulself touwys te maak met die nuwe kultuur nie.
Lingo om van kennis te dra:
- P911 (Parents alert),
- PIR (Parents in room),
- POS (Parents over shoulder),
- 8 (Oral sex),
- 1337 (Elite or leet or L337),
- 143 (I love you),
- 182 (I hate you),
- 1174 (Nude club),
- 420 (Marijuana),
- 459 (I love you),
- ADR (Address),
- AEAP (As Early As Possible),
- ALAP (As Late As Possible)
- ASL (Age/Sex/Location),
- CD9 (Code 9 - it means parents are around),
- C-P (Sleepy),
- F2F (Face-to-Face),
- GNOC (Get Naked On Cam),
- GYPO (Get Your Pants Off),
- HAK (Hugs And Kisses),
- ILU (I Love You),
- IWSN (I Want Sex Now),
- J/O (Jerking Off),
- KOTL (Kiss On The Lips),
- KFY or K4Y (Kiss For You),
- KPC (Keeping Parents Clueless),
- LMIRL (Let's Meet In Real Life),
- MOOS (Member Of The Opposite Sex),
- MOSS (Member(s) Of The Same Sex)
- MorF (Male or Female),
- MOS (Mom Over Shoulder),
- MPFB (My Personal F*** Buddy),
- NALOPKT (Not A Lot Of People Know That),
- NIFOC (Nude In Front Of The Computer),
- NMU (Not Much, You?),
- PAL(Parents Are Listening),
- PAW (Parents Are Watching),
- PIR (Parent In Room),
- POS (Parent Over Shoulder or Piece Of Sh**)
- pron (porn),
- Q2C (Quick To Cum),
- RU/18 (Are You Over 18?),
- RUMORF (Are You Male OR Female?),
- RUH (Are You Horny?),
- S2R (Send To Receive),
- SorG (Straight or Gay),
- TDTM (Talk Dirty To Me),
- WTF (What The F***),
- WUF (Where You From),
- WYCM (Will You Call Me?),
- WYRN (What's Your Real Name?),
- zerg (To gang up on someone).
Ouers moet die tegnologie wat hul kinders gebruik, verstaan en self weet hoe om dit te gebruik.
As jou kind op MXit of Facebook is, moet jy ook wees.
Dit sal ouers help om vinniger en meer gepas te reageer wanneer daar ‘n krisis is, of wanneer jou kind raad vra.
Laat jou kinders slegs gebruik maak van aanlyn-dienste wat geskik is vir hul ouderdom. Sosiale netwerke soos Facebook en MXit is wel van mening dat hul platforms veilig is vir kinders ouer as 13, maar ouers moet steeds kontrole uitoefen met wie, en waaroor, daar op dié netwerke geklets word.
Skokkende statistieke
95% van ouers herken nie die lingo wat hul kinders gebruik om mense te laat weet dat hul ouers teenwoordig is nie, hetsy op die internet of per selfoon.
89% van seksuele versoeke word gemaak in "instant" boodskappe en in geselskamers.
20% van kinders tussen 10 tot 17 het al seksuele versoeke aanlyn ontvang - dit is een uit elke vyf kinders.
75% van kinders wat aanlyn seksueel geteister of seksuele versoeke ontvang het, het nie hul ouers vertel nie.
Een derde van kinders is al genader deur persone onbekend aan hulle en helfte hiervan is as onaanvaarbaar gesien.
81% van ouers met kinders wat die internet gebruik weet dat hul kinders nie veilig genoeg is wanneer dit kom by die bekendmaking van informasie rakende hulself nie.
76% van ouers het nie reëls as dit kom by selfoon, rekenaar en internet gebruik nie.
65% van ouers glo dat kinders in elk geval dinge aanlyn doen wat hul nie wil hê hul ouers moet van weet nie.
4 000 000 kinders "post" daagliks inhoud op die internet.
15 000 000 kinders gebruik "instant messaging".
Nege uit tien ouers sal nooit weet dat enige onaanvaarbare kontak plaasgevind het nie.
14% het al van aangesig tot aangesig gekom met ‘n persoon wat hul oor die internet ontmoet het.
Een uit 17 kinders is al geboelie, gedreig en getreiter oor die internet.
Byna 73% van aanlyn tieners glo dat dit moontlik is dat iemand hul ouderdom via die internet genader sal word deur onbekende persone.
Slegs 3% van kinders het erken dat hulle ongewenste internet aandag aan hul ouers gerapporteer het.
Meeste kinders rapporteer nie ongewenste internet/SMS-aandag nie aangesien hul te bang is hul internetvoordele word ingeperk.
61% van 13- tot 17-jariges het ‘n persoonlike profiel op een of meer sosiale netwerke.
44% van aanlyn tieners met profiele soos Facebook en MySpace is al gekontak deur onbekende persone, teenoor die 16% wat nie profiele op die internet het nie.
71% van tieners het al boodskappe van onbekende persone ontvang.
45% is al gevra vir persoonlike informasie.
48% van 16- tot 17-jariges erken dat hul ouers baie min of niks weet van hul aanlyn aktiwiteite nie.
MySpace verwyder weekliks byna 25 000 profiele van gebruikers wat nie aan die netwerk se "14 jaar minimum"-ouderdomvereiste voldoen nie. Van 2007 tot 2009 het MySpace byna 90 000 rekeninge verwyder aangesien dit deur geregistreerde seksoortreders geskep is.
(Statistieke: Cyber safety statistics, NetLingo).
ARTIKEL VERSKAF DEUR SUID-KAAP FORUM, SUSTERKOERANT VAN DIE GEORGE HERALD.