Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - 'n Brand het groot skade aan 'n huis in Meentstraat, Heather Park aangerig.
Die brandweer en wetstoepassingsbeamptes is op die toneel.
Die brand is grotendeels onder beheer. Blykbaar was die eienaar ten tyde van die voorval nie tuis. Die brand het blykbaar 'n rukkie nadat beurtkrag geindig sigbaar geword.
'n Buurman, Karl Rohrbeck het vertel dat hy voor 11:00 rook by die een venster gesien het. Hy en 'n tuinier in die omgewing het die voorste hek oop gekry. Hulle het die honde na veiligheid geneem en die brandweer gebel.
Die brandweer was 'n rukkie later op die toneel.
Die oorsaak van die brand is in die stadium nie bekend.
Sover bekend, is niemand in die voorval beseer nie. Die huiseienaar is oor die brand ingelig.
Video: Eugene Gunning
Video: Eugene Gunning
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’