Update
GEORGE NUUS - Brandon Stalmeester (23) van Pacaltsdorp het Donderdag 24 Augustus weer in die Thembalethu-streekhof verskyn in verband met die moord op sy oom, Ernst Hartnick (54).
Hartnick se liggaam is op 29 Oktober 2016 met 'n gapende wond aan sy kop, in sy kamer op die vloer aangetref.
Hy is vermoedelik verskeie kere met 'n stomp voorwerp geslaan. Daar word beweer dat Hartnick en Stalmeester oor erfgeld gestry het.
Die hof het vroeër Donderdagoggend die moordtoneel by 'n huis in Agterstraat, Pacaltsdorp besoek, sodat die hof hom kon vergewis van die feite wat ter tafel gelê is.
Die huis behoort aan Pieter Hartnick, die oorledene se pa en Stalmeester se oupa.
Later die middag terug in die hof is Pieter Hartnick (80) in die getuiebank deur Stalmeesters se prokureur, Winston Jansen van Nico Smit Prokureurs, ondervra.
Hartnick se antwoorde was vaag omdat hy nie die volgorde van gebeure op daardie noodlottige dag kon onthou nie.
Stalmeester sal weer op Donderdag 7 September in die Thembalethu-streekhof verskyn.
Klik hier vir vorige artikels:
- Neef in streekhof vir oom se moord
- Hartnick-moord: Familielid weer in hof
- Geen borg vir neef na moord op oom
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'