Gallery
GEORGE HERALD NUUS - Die riel het Saterdag 25 November diep spore in vele siele by die Herold Meander Leiwater Plaasfees getrap.
Die gesellige fees, wat vir plaaslike kunstenaars 'n platform skep om hul kreatiwiteit op 'n verhoog te deel en om die wortels van die bruin kultuur te bewaar, is vanjaar in sy derde jaar.
Quinton Adams, koördineerder van die fees, sê: "Kultuur help om 'n goeie selfbeeld te bou."
Bykans 200 mense het die fees bygewoon. Die vermaak was uit die boonste rakke met onder andere optredes deur Rieldansers, Norman Marks, Eden Minstrels, Melody 6, Ocean Breeze en House of Entertainment.
Die gehoor het ook aan die storievertellers se lippe gehang. Van die vertellers was Danneline Ramsden met Namakwalandse stories, Willem Fransman se gedigte, André Boezak, Pietie Mooney, Boetie Rhodes en Diana Ferrus.
Die mense het gedans.
ARTIKEL & FOTO'S: BRÜMILDA SWARTBOOI, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'