GEORGE NUUS - Die spanne by die François Ferreira Academy gaan op Mandeladag, 18 Julie, 'n groot aantal Food Socks aan die Rosemoor-ouetehuis en drie behoeftige sopkombuise in George skenk.
"Sjef François Ferreira was deel van die span wat die oorspronklike Food Socks ontwerp het" sê Yolande Bruwer, die akademie se operasionele bestuurder.
Die idee was om 'n bekostigbare, voedsame en lekker kospakkie te ontwerp wat slegs warm water benodig om gaar te maak.
"Ons het onderneem om donasies vir 640 Food Socks bymekaar te maak omdat ons graag sjef François se nalatenskap wil laat voortleef en dit is ook 'n gepaste manier om Mandeladag te vier," sê Bruwer.
Tot dusver het hulle donasies ontvang vir 324 Food Socks.
"Teen slegs R25 per Food Sock kan enigiemand 'n verskil maak. So 'n ete kan tussen vier en vyf mense voed. Ons sperdatum is Vrydag 12 Julie, want ons wil graag die oorhandiging op Mandeladag doen," sê Bruwer.
As jy wil bydra, kontak die François Ferreira Academy by 044 884 0765, of Yolande Bruwer by 084 407 5312.
Meer inligting oor Food Socks is beskikbaar by www.foodsock.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’