GEORGE NUUS - Bekende koskonsultant Heleen Meyer het die harte van Suid-Afrikaners gewen met haar kosartikels, televisieaanbiedings en kosgesprekke op Radio Sonder Grense (RSG).
Haar resepte is veral gewild omdat sy as werkende ma sorg dat dit altyd prakties, maklik om te maak en voedsaam is.
Saam met die sjefstudente aan die Chef’s Emporium-opleidingskool gaan sy haar gunsteling “lekker” resepte op Donderdag 27 Julie vir die Suid-Kaapse Fynproewersgilde demonstreer. Gaste gaan die geleentheid kry om die geregte te proe en te kombineer met geskikte wyne.
Die byeenkoms word gehou by die Chef’s Emporium Restaurant, Diaz Hotel, en begin om 09:00. Kaartjies kos R250 per persoon.
Om die geleentheid as ‘n gas by te woon, kontak Mariaan Kruger (083 2699148) om jou plek te bespreek.
Beperkte sitplekke is beskikbaar en die laaste dag van bespreking vir gaste is 20 Julie.
Meyer se boeke sal op die dag te koop wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’