GEORGE NUUS - Die skoolhoof van Heidedal Primêre Skool, Irvin Scheepers, het laasnag weens Covid-19 gesterf. Boodskappe van skok en bemoediging het vanoggend op die skool se Facebook-blad ingestroom met die nuus van hul geliefde skoolhoof se dood.
Scheepers het diep spore in die gemeenskap van Borcherds getrap met sy passie vir die skool en sy kinders.
Scheepers word oorleef deur sy vrou, Melanie, en twee seuns.
Linda Smit, ‘n gemeenskapwerker van Borcherds, het aan George Herald gesê die realiteit van Scheepers se dood is nog onwerklik: “Hy het nog so baie drome vir die skool gehad, en ‘n visie vir die kinders. Toe ek hom op 9 Desember gesien het sou ek nooit kon droom dit sou die laaste keer wees nie.”
Op die skool se Facebookblad, “I love Heidedal Primary School”, het Scheepers se kollegas, vriende en oud-leerders hul huldeblyke getoon aan ‘n man wat die gemeenskap omarm het:
Christo Heyns: “Die wysheid wat jy altyd in my geploeg het sal by my bly tot ons eendag weer ontmoet.”
Sintell Hendriks: “Sterkte family....die skool hietie woorde ni... mar hy was n meneer duisend...”
Boodskappe van skok en bemoediging het vanoggend op die skool se Facebook-blad ingestroom met die nuus van hul geliefde skoolhoof se dood.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'