GEORGE NUUS - Haarlem se belastingbetalersvereniging gaan vanoggend, Vrydag 11 Augustus, ‘n memorandum van griewe aan ‘n afgevaardigde van George-munisipaliteit oorhandig.
‘n Optog na die munisipale kantore het vroeër vanoggend vanaf Proteaville begin en die oorhandiging behoort omstreeks 10:00 plaas te vind.
Luidens die vereniging, sluit van die vernaamste punte in hul griefskrif die volgende in: hoë erfbelasting vir ‘n arm gemeenskap; besluitneming sonder insae van die gemeenskap; geen brandweerstasie nie; ‘n gebrek aan opleidingsgeleenthede vir die jeug en geen aandag wat aan behuisingsnood gegee word nie.
Volgens George-munisipaliteit se terugvoer is alle inwoners van Haarlem-inwoners in Mei na 'n openbare vergadering genooi wat deur al die George munisipale departemente bygewoon is. ‘n Vergadering is blykbaar ook in Julie met die Haarlem-belastingbetalersvereniging gehou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’