GROOT-BRAKRIVIER ROLBAL NUUS - Vanjaar se Grasshopper-borgdag by die Groot-Brak-rolbalklub was weer 'n klinkende sukses en is in heerlike weersomstandighede gespeel.
Vista-rolbalklub het die wenspan opgelewer met 'n span van Outeniqua-rolbalklub wat die naaswenners was en 'n span van Groot-Brak-rolbalklub wat die derde plek ingeneem het.
Spanne van oor die hele streek het aan die toernooi deelgeneem en baie kompeterende rolbal opgedis.
Die dag is hierdie jaar deur Mooiuitsig Kombuis geborg. Hulle het ook geskenkbewyse vir die gelukstrekkings geskenk.
Eugene Potgieter, president van Groot-Brak-rolbalklub (links), by die wenspan van Vista. Die spanlede is van links: Mara Janse van Rensburg, Elisie Markram, Alida van der Walt en Frik Jacobs.
Die span van Outeniqua-rolbalklub, wat die naaswenners was, by die president van Groot-Brak-rolbal, Eugene Potgieter (regs). Van links is Vollie van Vollenstee, Mariette Young, Daphne Faber en Riana Nel.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'