GEORGE NUUS - Die bekende Suid-Kaapse gholfspeler en inwoner van Blanco, Ivan Williams, het besluit om terug te ploeg in sy gemeenskap en die kinders van Blanco van beter te leer.
Saam met sy span het Williams op Saterdag 3 Desember, die kinders van Mountain View touwys gemaak oor die belangrikheid van 'n skoon omgewing en dat rommel nie in die strate hoort nie, maar eerder in 'n asblik.
Ná almal hand bygesit het om te help skoonmaak, is hulle bederf met heerlike sop en bredie.
Die kinders is bederf met heerlike sop en bredie.
Felicity Manewil saam met van die kinders wat haar Saterdag gehelp het.
Te danke aan AM Skips, is al die rommel in 'n groot skip gegooi om weggery te word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'