GEORGE NUUS - Vleis vir Hoop, in samewerking met Wildman George, hou op Donderdag 27 Junie 'n gholfdag by die George-gholfklub om broodnodige fondse in the samel.
Die Vleis vir Hoop-projek poog om wildsvleis aan behoeftige organisasies, veral ouetehuise, te verskaf.
Vleis word geskenk aan Huis Harmonie in George, Karos Haven in Mosselbaai, Vygieshof in Calitzdorp en die Albertinia-versorgingsoord.
In 2021 is 800 kg ingesamel, in 2022 het hulle 1 200 kg ingesamel en verlede jaar 'n yslike 1 600 kg. Hulle doel vir 2024 is om 2,5 ton in te samel.
Saam met die Vryeburgers het die span van Vleis vir Hoop, verlede week vier sakke pampoene en vyf sakke vol uie aan Huis JJ Watson, ACVV Harmonie en Tuiniqua Sentrum vir bejaardes, geskenk.
Vir meer inligting, skakel vir Ryan by 073 613 1874.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’