GEORGE NUUS - Die George Vryburgers loop breë bors rond. Die organisasie het die jaar se Burgerraad bygewoon wat van 19 tot 21 Mei te Trennery's in die voormalige Transkei gehou is.
Van die 22 korpse reg oor die land het 10 korpse die Burgerraad bygewoon. Die George-korps het met drie van die trofeë weggestap.
Dit was vir die projek van die jaar met die Finovo Jakkalberry 100myler-fietswedren wat met groot sukses aangebied is, die Basuin van die jaar-trofee en ook die Geestrofee.
George Vryburgers word as die toonaangewende korps in die land beskou.
Voor: Marisa Pretorius, Amelda Mengel, Stan Mengel (Geestrofee), Hanno Maritz (Projek van die jaar-trofee), Petro Maritz, Marius Venter (Basuin van die jaar-trofee) en Liezl Venter. Agter: Charl Pretorius, Gerhard van der Walt, Marlize van der Walt, James Claassen, Lindsey Zunckel, Bennie van der Schyff, Engela Basset, Hildred Basset en Casper de Waal.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'