Sy het haar destyds as jong vrou hier gevestig en saam met haar man, Burger Gericke geboer. Sy het ook onderwys gegee en alle maniere van vervoer geken - insluitende die ossewa! - en tot onlangs nog haar eie motor bestuur om elke week groente af te lewer by haar hartsprojek - die dienssentrum vir bejaardes in Thembalethu.
Alhoewel sy nie meer kan bestuur nie, stap sy nog lekker is daar nog baie dinge wat sy geniet, soos byvoorbeeld om Duits te leer en te gesels met 'n vriendin wat na haar huis op die bekende plaas ‘Die Bof’ in Pacaltsdorp kom vir 'n 'geselsklas’.
Die Gericke-familie was nog altyd sinoniem met kultuur en musiek. Dus was dit nie vreemd dat daar heelwat teater- en sangpersoonlikhede by haar 96ste verjaarsdagpartytjie te sien was nie.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
.jpg)
Heinrich Jonck, tenoor en lid van Il Quattro was daar om tannie Greta Gericke te help vier aan haar 96ste verjaarsdag.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'