Die spertyd vir alle tenders om hierdie gewilde sport op hul tuisgrond aan te bied, sluit môre om 10:00.
"Ons geniet die volle ondersteuning van dr. Ivan Meyer, minister van sport en kultuur, asook die burgemeesters van ons nabygeleë dorpe," bevestig Maritz.
Eden bekommerd
Volgens Eden-distriksmunisipaliteit se burgemeester, Faried Stemmet, ondersteun Eden die Sewes in beginsel, maar heers daar groot kommer oor die finansiële implikasies.
Tydens Eden se uitvoerende burgemeesterskomiteevergadering vroeër die week is besluit om te wag totdat alle inligting aan hulle bekend gemaak word voordat hulle ‘n finale raadsbesluit oor die Sewes neem.
Ingenieursverslae wat onlangs aan Eden, George-munisipaliteit en SWD bekend gemaak is, toon blykbaar dat dit nie moontlik is om ons huidige Outeniqua-stadion van 8 000 sitplekke te vergroot tot ‘n stadion wat 30 000 mense kan huisves nie.
"Dit beteken ons moet ‘n hele nuwe stadion bou, waarvoor R500 miljoen benodig word. Dit maak net nie sin om soveel geld uit te gee om ‘n sportgebeurtenis wat een keer ‘n jaar plaasvind, te akkommodeer nie," sê Stemmet.
Willem Small, hoof- uitvoerende beampte van SWD Arende is egter baie positief oor ander moontlikhede wat in die pyplyn wag.
"SWD is net so opgewonde oor die bod soos George-munisipaliteit. Ons het van dag een af saamgewerk. Ons kyk wel na ’n alternatiewe plek in George om die toer-nooi te hou," bevestig Small.
Hy wil egter nie verder uitwei oor dié troefkaart nie.
George is die enigste dorp wat ‘n bod vir die Sewes plaas en nie oor ‘n 30 000 sitplek-stadion beskik nie.
Small is verder baie opgewonde oor vanjaar se Sewes, wat môre op Outeniqua-stadion afskop. Daar was reeds Dinsdag slegs 150 kaartjies van die 11 000 beskikbaar vir Saterdag se wedstryde.
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR
.jpg)
The Springbok Sevens rugby team took a few moments out of their busy schedule to visit Diepkloof Primary School at Sinksabrug near Great Brak River to hand over school shoes and rugby balls as part of the Bob’s for Good project. Here Pieter Engelbrecht helps Carlisle Malan (7) to try on his shoes. The team had their first full training session on Tuesday morning at the Saasveld rugby grounds of the Nelson Mandela Metropolitan University campus. South Africa will play against Zimbabwe, Portugal and Argentina in Pool D tomorrow.
Photo: Desmond Scholtz Photography