Update
GEORGE NUUS - In 'n stampvol NG-kerk Bergsig, het George vanmiddag een van sy eertydse inwoners Harold Basson gegroet. Basson was baie bekend en geliefd.
Die 63-jarige Basson het onlangs onverwags gesterf. Hy het voorheen diep spore getrap by die George-munisipaliteit.
Ten tyde van sy afsterwe was hy in diens van die Hessequa-munisipaliteit.
Benewens sy groot werk as siviele ingenieur was hy ook bekend in sportkringe.
Tydens die geleentheid vanmiddag waar sy lewe gevier is, is hulde aan hom gebring. Onder die aanwesiges was sy eggenote, Lidia, sy ma Esther, sy broers en skoonsusters, familie, vriende en oudkollegas.
Die oud-Springbokrugbyspeler en -afrigter Dawie Snyman was ook teenwoordig.
Die diens is gelei deur ds. Hannes Pretorius.
Ter nagedagtenis aan wyle Harold gaan van sy fietsrymaats môreoggend om 6:30 by die ingang van die Tuinroetedam bymekaar kom. Hulle gaan dan 'n entjie fietsry. Mense wat belangstel, kan saamry.
'n Foto van wyle Harold Basson wat in die program vir vanmiddag se vieringsdiens gebruik is. Die foto van Basson by die Tuinroetedam is 'n tydjie gelede nog geneem deur een van sy fietsrymaats Fanie Roux.
Die agterblad van Basson se gedenkbrief het vele herinneringe opgeroep van sy vol lewe.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'