TUINROETE NUUS - ‘n Bekende en geliefde boervrou van die Suid-Kaap is verlede week op die ouderdom van 92 oorlede.
Cornelia Terblanche, bekend as Noekie, het op Woensdag 2 Maart sag heengegaan in George. Sy het na haar man, Adriaan se dood 32 jaar gelede, by haar dogter, Mariaan Stander in George gewoon.
Mariaan was deurgaans aan haar mammie se sy en het, toe Noekie begin verswak het, haar met groot deernis en liefde versorg.
Mariaan se broer, Adri, het na sy pa se dood die boerdery op hulle plaas Groot-Sorgfontein onderweg na Friemersheim buite Mosselbaai, oorgeneem.
As boervrou was Noekie se deur altyd vir almal oop en menige moeë reisiger en vriend het daar aangedoen vir ‘n welkome ete en lafenissie .
Noekie se nalatenskap van liefde sluit ook ‘n uitgebreide familie in. Sy word oorleef deur haar kinders en skoonkinders: Mariaan, Attie, Adri, Wilna, Bernhard, Ilse, Adele en Gerhard; haar kleinkinders: Reinhard, Janlo, Kara-Lee, Fikkie, Lynzee, Delano, Driaan, Carin, Philip, Cheryse, Megan en Tahnee; en 5 agterkleinkinders: 4 dogtertjies en een seuntjie.
Die gedenkdiens word Saterdag, 12 Maart om 11:00 op die plaas gehou.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'