GEORGE NUUS - Die fetus van 'n dogtertjie is vanmiddag (Dinsdag 13 Maart) in 'n plastiek-winkelsak in 'n oop veld in Blanco gevind.
Die fetus is na bewering tussen 7 en 8 maande oud (nie te verwar met 'n 7 tot 8 maande baba nie).
Die polisie het op 'n anonieme oproep gereageer en op die toneel afgekom waar die ongebore baba in die sak gevind is.
Enigiemand met inligting kan adjudant offisier Jerome Malan by 064 167 1796 skakel.
Die fetus was in 'n plastieksak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'