Die drie, waarskynlik gevlekte oor uiltjies, is eendag deur Boem Muller, wat die tabak-kiosk langs die boom beman, gewaar en hy was self verbaas om te sien dat die uil-ma op so ‘n besige hoek langs die hoofstraat nes gemaak het.
Oorkant die boom is ‘n besige supermark en dan is die Laerskool Kretzenshoop ook langsaan waar jillende kinders tydens pou-ses en na skool in die omgewing hardloop en speel.
Tog het moeder-uil vasgebyt en hardnekkig in haar nes vasgeskop. Nou loer die drie spruite nuuskierig uit die boom se mik wanneer nuuskieriges hulle besoek.
Volgens Muller is die uiltjies sowat drie weke oud en sorg hy dat niemand hulle leed aandoen nie.
"Die uile is ons maatjies en ons kan nie wag dat hulle groot genoeg is om self te vlieg nie. Miskien broei die ma volgende jaar weer hier," het hy hoopvol gesê.
(1).jpg)
Boem Muller wat die uiltjies daagliks geselskap hou en hulle die ongewone name gegee het.
ARTIKEL: JANNIE MEYER, GEORGE HERALD-JOERNALIS