Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die heerlike reuk van braaivleis hang vandag in die lug by verskeie tehuise vir bejaardes in George en in die omgewing.
Dit is danksy die omgee van die Vryburgers,'n diensorganisasie. Die organisasise se jaarlikse Tamaaibraai vind vandag plaas.
Lede van die organisasie trakteer inwoners op braaivleis.
Hildred Basset,die basuin (woordvoerder) van die organisasie in George,het gesê dat mense by 31 tehuise regoor die land is betrek.
In George word braaivleis aan 516 mense by vyf tehuise gegee. Dit sluit in 640 kg skaaptjops en 342 kg wors wat gebraai word.
Dis 'n omgee projek waar daar weer terug gegee word vir die gemeenskap.
Een van die plekke waar vleis gebraai word, is Tuiniqua Versorgingsentrum.
Alani Voigt, sentrumhoof, het gesê die inwoners sien elke jaar baie daarna om 'n skaaptjoppie te kan geniet.Die geleentheid beteken baie vir die inwoners.
VIDEO - Oom Morkel Terblanche (88) speel op sy mondfluitjie
Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'