TUINROETE NUUS - Tussen 3000 en 4000 DA-ondersteuners het Saterdag op die Bridgton sportgronde byeengekom om na die DA-leier, Mmusi Maimane te luister.
Maimane se optrede was deel van die DA se veldtog in die Wes-Kaap om Alan Winde as premierskandidaat van die provinsie bekend te stel.
Winde en die huidige premier, Helen Zille het Vrydagaand tydens ‘n dinee in die burgersentrum opgetree en was ook Saterdag op die verhoog in Bridgton.
Winde het daarop gewys dat meer as 50% van werksgeleenthede wat verlede jaar landwyd geskep is, in die Wes-Kaap geskep is. Hy het ook genoem dat die DA voorleggings gaan doen sodat die grondwet verander kan word om die Wes-Kaap toe te laat om sy eie polisiediens te bestuur.
Hy en Maimane het albei daarop klem gelê dat elke burger van die land as ‘n Suid-Afrikaner gesien moet word en nie as wit, swart, bruin of engine ander kleur nie.
“Ons kom uit apartheid uit, ons kan nie toelaat dat ons weer deur die nuwe regering aan apartheid met ander reëls blootgestel word nie.”
Terwyl Maimane Saterdag die hoofspreker was, het Winde, Zille en ‘n driestuks ministers die hele week ander dorpe in die Suid-Kaap en Klein-Karoo besoek.
Alan Winde tydens 'n onderhoud met SABC-joernalis, Tanya Krause.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'