GEORGE NUUS - Die grendeltyd hou baie mense tuis, maar gee baie ook die geleentheid om die tyd te gebruik vir kriminele aktiwiteite.
Ebrahim America van Pacaltsdorp sê die afgelope weke tydens die inperking en reeds voor dit, het Pacaltsdorp deurgeloop met inbrake. Volgens hom sukkel die polisie om hierdie probleem hok te slaan weens ‘n tekort aan patrollievoertuie en personeel.
“Ek het Pacaltsdorp en in hierdie geval, Missionstraat en nabygeleë strate, uitgedaag om ’n buurtwag te stig. Die belangstelling was oorweldigend.”
Volgens America het baie mense op sosiale media gesê dis ‘n goeie ding, ander wou weet of hy hul area ook kan betrek. “Met betrekking tot die inperking se wetgewing, sal ‘n WhatsApp-groep vir nou die beste ding wees,” meen hy.
Hy sê almal is bewus van die registrasie en sifting wat hierdie dinge voorafgaan. Wat vir hulle nou van kardinale belang is, is om binne die reg hulself en hul families te beskerm. America sê hul doelwit met die stigting van ‘n buurtwag is om ’n verlengstuk, asook die oë en ore, van die polisie te wees, en terselfdertyd onsself en ons eiendom te beskerm.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sê daar is geen toename in huisbrake in Pacaltsdorp vergeleke met dieselfde tydperk verlede maand en jaar nie. "Inteendeel, daar is ‘n drastiese algehele afplatting in alle aangemelde sake."
Pojie sê voorts kwalifiseer buurtwagte nie as 'n essensiële diens nie en mag hulle dus nie operasioneel aangewend word nie. Hy sê daardeur sal hulle hulself blootstel aan oortreding in terme van die Rampbestuurswet deurdat hulle hulself nie tot hul woonplek beperk nie.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'