GEORGE NUUS - Vandag is die laaste dag aan diens vir brigadier Nolan Michaels, stasiebevelvoerder van George-polisiestasie. Hy voltooi ‘n loopbaan van 37 jaar waarvan die laaste vier aan die stuur van George was. Oor sy tyd in George voel hy besonder dankbaar vir die uitstekende samewerking wat bestaan tussen die polisie, rolspelers, nooddienste, gemeenskapspolisiëring, buurtwagte en die besigheidsgemeenskap.
Hoewel hy sy loopbaan in die Noord-Kaap begin het, en hy sowat 10 jaar in Kaapstad gebaseer was, is dit in die Suid-Kaap waar hy die grootste gedeelte van sy loopbaan, 21 jaar, spandeer het.
“Elke polisiestasie is ‘n refleksie van hoe goed Suid-Afrika as ‘n land werk, daarom moet ons hard werk om dit te maak werk. Wanneer ek terugdink voel ek baie gelukkig en uiters bevoorreg om te kon dien in die plekke waar ek aangestel was,” sê Michaels.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’