GEORGE NEWS - "Dit gaan al beter." So het Brendon Adams DA-kandidaat in wyk 17 vanoggend gesê.
Hy is vroeër positief vir Covid- 19 getoets en later hospitaal toe geneem. Hy is Vrydagmiddag weer ontslaan.
"Dit was eintlik 'n bedekte seën dat ek hospitaal toe geneem is. Ek het nou sterker medikasie." Hy is in isolasie by sy huis, maar beweeg rond in sy kamer.
"Die dokter is baie tevrede met my situasie."
Adams is steeds vol moed dat dit goed sal gaan met hom in die tussenverkiesing.
'Ons bring jou die eerste George, Tuinroete nuus'