Update
GEORGE NUUS - Die hofsaak van Warren Appels (46), die man wat daarvan aangkla word dat hy sy vriendin, Andresia Alaart (30) vermoor het, is uitgestel na 8 April vir 'n formele borgtogaansoek.
Appels het vandag, Vrydag 1 April, in die George-landdroshof verskyn ná hy verlede Saterdag, in hegtenis geneem is.
Clayton Samson van Jansen en Samson-prokureurs is vandag deur Appels se familie aangestel om hom te verteenwoordig.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die polisie na 07:00 Saterdagoggend deur die verdagte na die toneel ontbied.
Met hul aankoms is die oorledene se liggaam met veelvuldige beserings aan haar gesig en liggaam op 'n matras in die leefarea gevind. Sy is vermoedelik verskeie kere geslaan.
Daar is ook bloed in die gang en tweede slaapkamer van die huis gevind. Appels is op die toneel in hegtenis geneem.
Vorige artikels:
- Moordverdagte môre in hof
- Kêrel verskyn in hof vir vriendin se moord
- Man (64) vas vir vriendin se moord
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'