Update
GEORGE NUUSFLITS - Die vyf verdagtes wat van die moord op Graham Fielies (37) van New Dawn Park, in hegtenis geneem is, verskyn vandag, Dinsdag 6 Februarie in die George-landdroshof vir hul borgtogaansoeke.
Fielies is na bewering Vrydagmiddag, 1 Desember, omstreeks 14:00 deur 'n groep mans in 'n lokval gelei waarna hy aangerand is.
Hy het later die aand in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Al die verdagtes is sedert hul inhegtenisname in aanhouding:
• Johannes Boesak (34),
• Hayworth Botha (33),
• Daniel Bruiners (43),
• Nertle Damons (32),
• Adrian Jantjies (30)
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'