GEORGE NUUS - As hoofafrigter van PW Botha Kollege se o.19-rugbygroep is daar gereeld vir die spelers gevra wat hulle nalatenskap by die skool gaan wees, wanneer hulle die einde van 2017 die skool verlaat.
'n Groepie van die gr. 12-spelers onder leiding van Johan (Smiley) Maree het met sewe geelhoutbome, wat Johan se pa geskenk het, by die skool opgedaag, om dit op die terrein te plant as sigbare nalatenskap.
Een van die opmerkings wat opgeduik het terwyl hulle die bome geplant het. was dat die dag as hulle seuns by PW Botha rugby speel, hulle as ouers in die skaduwee van die bome sal kan sit.
Agter, van links: Mnr. Kobus Koekemoer (adjunkhoof), Johan 'Smiley' Maree, Braden Andrews, Johannes 'Voete' Stander, mnr. Henk Nel (hoofafrigter), mnr. Hanno Fourie (afrigter). Gebukkend voor hom is Guilluime van Lill, Heinrich Marema en Lehogan Botha. Voor: Jesse Smit, Curtley Scheepers, PW Botha se rugbyspeler van die jaar en Giovani Faniso.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'