GEORGE NUUS - Kennisgewing geskied hiermee dat die elektriese toevoer onderbreek sal word op Donderdag 26 Mei vanaf 09:00 tot 16:00 met die doel om veranderings aan elektriese hoofleidings te maak.
Klante word gewaarsku om die installasie as lewendig te beskou vir die volle periode aangesien die toevoer enige tyd gedurende die periode aangeskakel mag word.
Die volgende areas sal geraak word:
Gedeelte van Dellville Park:
- Antelope,
- Springbok
- Llama strate
Sou omstandighede verhoed dat die werk gedoen kan word gedurende bogenoemde periode, sal die werk gedoen word op Vrydag 27 Mei vanaf 09:00 tot 16:00.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'