GEORGE NUUS - Kersfees is om die draai en die gewilde Kersete vir Huishulpe is weer op hande.
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir werkgewers om dankie te sê aan die spesiale vroue wat in hul huise werk.
Daar is drie datums om van te kies: Woensdag 4 Desember, Donderdag 5 Desember of Vrydag 6 Desember.
Die vroue gaan 'n heerlike middagete geniet van 'n burger en skyfies, met roomys en koeldrank, teen slegs R150 per persoon, en gesellig saamkuier.
Geronimo Spur is al meer as 10 jaar deel van hierdie spesiale projek en bederf die dames elke keer met heerlike kos teen 'n baie spesiale prys.
Vanjaar vind die geleentheid weer by Geronimo Spur in Yorkstraat plaas en die middag se verrigtinge begin om 14:00.
Daar is beperkte plek en bespreking is noodsaaklik.
Die organiseerder, Juanita Myburgh, moedig werkgewers aan om vir hulleself ook 'n kaartjie te koop om heerlik saam te kuier.
"Hierdie is 'n ideale geleentheid om die spesiale vrou wat vir jou werk te bederf, so moet dit nie mis nie."
Kaartjies is te koop by die Spur of kontak Juanita by 083 452 1773 om 'n plek te bespreek.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’