GEORGE NUUSFLITS - 'n Man is kort na 18:00 deur Eden911-paramedici na die hospitaal geneem na nóg 'n ongeluk op die Outeniquapas.
Die motoris, onderweg na George, het na bewering beheer oor sy voertuig om 'n draai verloor waarna die bakkie deur die muur langs die pad gebars het.
Digte bosse het waarskynlik verhoed dat die voertuig teen die krans afgerol het.
Die omvang van sy beserings is nog nie bekend nie.
Die pas is nat na vandag se reën en motoriste word gewaarsku om versigtig te ry en ag te slaan op die spoedbeperkings.
Die omvang van die motoris is nog nie bekend nie.
Read previous articles:
- Bakkie and car collide on wet Pass
- Outeniqua Pass claims hat-trick
- Nóg 'n ongeluk in nat Outeniquapas
- Ongeluk op Outeniquapas
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'