GEORGE NUUS - Twee motors, ‘n Toyota Yaris en ‘n Mercedes Benz, het vanoggend in die Outeniquapas gebots.
Voorlopige inligting dui daarop dat die bestuurder van een van die voertuie beheer om ‘n draai op die nat pad verloor het en in die ander voertuig in die teenoorgestelde baan, vasgery het.
Drie mense, met geringe beserings, word tans op die toneel behandel en nog ‘n persoon is deur ER24-paramedici na die hospitaal geneem.
Die pas is oop vir verkeer.
Motoriste word gevra om uiters versigtig te wees wanneer hulle in nat weersomstandighede op die Outeniquapas ry.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
Foto op die toneel deur ER24 geneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'