GEORGE NUUS - Minder as twee ure ná twee voertuie in die Outeniquapas reg van voor gebots het, is nog ‘n vrou op die pad beseer.
Sy het na bewering ook om ‘n draai beheer oor haar motor op die seepgladde pad verloor en teen die berg gebots.
Sy het van erge nek en rugpyn gekla en is deur ER24-paramedici na die Mediclinic George geneem.
Ons herhaal weer dat motoriste asseblief versigtig moet wees op die pas, verál in nat en mistige weerstoestande.
Die pad is oop vir verkeer.
Lees 'n verwante artikel: Ongeluk op Outeniquapas
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'