Die Afrikaans Onbeperk-pryse is vanjaar uitgedeel aan Verna Vels (haar Liewe Heksie : Flower Power, ''n lekkerkry-pantomime' is van 4 tot 11 April om 09:30 in die Absa-bur-gersentrum), Nicola Hanekom, Wessel Pretorius (teatermaker), Peter Magubane (fotograaf), die bekende Suid-Afrikaanse akteur Marius Weyers en Janine Neethling (teatermaker/regisseur en teksskrywer van ongewone toneelstukke). Weyers kry die prys vir vertolking as kunstenaar en Peter Magubane se foto-uitstalling in die Absa-galery in Baron van Reedestraat is merkwaardig.
