GEORGE NUUS - Leerlinge van verskeie skole het verlede Donderdag, 16 September, moue opgerol en bome geplant as deel van Boomplantmaand. Onder die skole wat bome geplant het, was Laerskool Kretzenshoop en Tyholora Primary School.
Margo Adonis van die Wes-Kaapse departement van waterwese, die Gourits Breede-opvanggebied instansie en die Tuinroete Botaniese Tuin was ook daarby betrokke.
Charles Carelse, wat gehelp met die geleentheid, het gesê altesaam 70 bome is by die Tuinroete Botaniese Tuin geplant en 80 by die verskillende skole.
Volgens Carelse het die leerlinge dit geniet. Streng Covid-19-regulasies is gevolg.
"Ons het gepoog om die voordele van plante en bome aan die kinders te verduidelik. Ons vra die kinders om na die bome om te sien. Dit is hulle toekoms."
Daar is ook bome by Tyholora Primary School geplant.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'