GEORGE NUUS - Sewe babas, almal seuns, is op Kersdag in George gebore.
Klein Berge Winterbach was die enigste baba wat by Mediclinic George sy opwagting gemaak het, 'n week te vroeg.
Volgens sy trotse ouers, Elzaan en Franis Winterbach van Groot-Brakrivier, is hul eerste baba eers op 1 Januarie verwag. Hy was 3,4kg met geboorte.
Die Winterbachs sê die omgee van die kraamsaal se personeel het dit vir hulle soos 'n ware Kersfees laat voel. "Almal wat hier werk is so vrygewig met hulle tyd. Dit was 'n wonderlike geskenk wat hulle vir ons gegee het. Ons het so ondersteun gevoel. Hulle is werklik besorg."
By die George-hospitaal was Christopher Stafa die eerste van ses seuntjies wat die eerste lewenslig aanskou het. Sy trotse ma, Fundiswa, het hom om 04:40 in die lewe gebring.
Fundiswa Stafa van George met haar fris bondeltjie, Christopher, wat vroegoggend om 04:40 sy opwagting in die kraamsaal van die George-hospitaal gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'