GEORGE NUUS - 'n Vrou (41) het gisteraand omstreeks 23:00 gesterf in 'n motorongeluk in Blanco.
Sy het beheer oor haar voertuig verloor, waarna sy 'n boom getref het.
Sy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'