GEORGE NUUS - Twee skole in George moes tydelik sluit na 'n onderwyser van Tyholora Primêr in Thembalethu en 'n leerder van Hoërskool George positief getoets is vir Covid-19.
'n Boodskap deur die skoolhoof van Hoërskool George, Morton van Rooyen wat aan ouers gestuur is, het dit bevestig. Die boodskap is die naweek op verskeie Whatsapp-groepe versprei en ook aan George Herald gestuur.
Die skool het die toestemming van die Hoof van Onderwys gekry om môre (Maandag 15 Junie) die skool te sluit sodat dit ontsmet kan word.
Die leerder is tans in selfisolasie.
Daar is bevestig dat almal wat in noue kontak met die leerder was, gekontak is om tuis te isoleer.
Bronagh Hammond, die kommunikasiebestuurder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) sê die skool is môre (Maandag) gesluit sodat die skool ontsmet kan word. Sy sê dit sal weer Woensdag oop wees vir leerders.
Hammond het ook bevestig dat Tyholora Primêr Vrydag gesluit was na 'n onderwyser positief getoets het.
Die skool is weer môre (Maandag) oop.
Two local schools had to be temporarily closed after a George High School learner and a Tyholora Primary School teacher tested positive for Covid-19. George High School will be closed on Monday 15 June so that the school can be disinfected, and will reopen on Wednesday 17 June. Tyholora Primary School was closed for disinfection on Friday and will reopen tomorrow.
'Ons bring jou die nuutst George, Tuinroete nuus'