TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
kanalla (ka-nal-la) Ook soms kanala. (i.d. taalgebruik van Moesliems)
I tw. Asseblief (asseblief I 2): Die woord kanala ... is Javaans en beteken "asseblief" (George Manuel, vertaald). Ook by Moesliems in die Strand opgeteken.
II s.nw. Mededeelsaamheid of meelewendheid: Getrou aan hul (die Moesliems se) tradisie van kanalla (mededeelsaamheid en meelewendheid) is in die huishoudings meer as genoeg kos gemaak sodat daar iets te ete sou wees vir enigeen wat kom aanklop (Die Burger).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’