NASIONALE NUUS - Al ooit gewonder hoe Moedersdag 'haar' oorsprong gekry het?
Lande regoor die wêreld vier Moedersdag op verskillende tye van die jaar. Die meeste lande, waaronder die Verenigde State, Italië, Australië, België, Denemarke, Finland en Turkye, vier dit, net soos ons, op die tweede Sondag in Mei.
In die Verenigde State het dié dag moontlik sy oorsprong in 1870 gehad toe die digter Julia Ward Howe daarop aangedring het dat 'n Moeders-vrededag gevestig moet word.
Anna Jarvis van Philadelphia het in 1907 begin met 'n veldtog om Moedersdag amptelike erkenning te laat geniet. President Woodrow Wilson het dit in 1914 as 'n nasionale vakansiedag en 'n openbare uitdrukking van liefde en eerbied aan alle moeders verklaar.
Die dag dateer moontlik uit die antieke Griekse- en Romeinse tyd. Die Grieke se jaarlikse lentefees is ter ere van Rhea, een van hul godinne gehou. Die Romeine het hul lentefees Hilaria, ter ere van die moedergodin Cybele genoem. Ander beweer Cybele was die Griekse godin van vrugbaarheid.
Die Griekse godin Rhea.
Moedersdag het 'n groot geldmaakgeleentheid vir besighede geword. Vandag se gekommersialiseerde viering met lekkergoed, blomme, geskenkbewyse en 'n oorvloed maaltye by restaurante toon min ooreenkomste met Howe se oorspronklike idee.
Julia Ward Howe (1819-1910).
In Madrid is die standbeeld van Cybele. Dit word natuurlik Cybele’s Fountain, of Fuente de la Cibeles, genoem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'