Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Saam met die aanbreek van die nuwe jaar, het bondeltjies vreugde verskeie ouers se harte vandag (1 Januarie ) bly gemaak.
Teen 10:00 het reeds 12 baba's in die George-provinsiale hospitaal hul eerste lewenslig aanskou en nog was oppad.
By die Mediclinic George was teen 11:00 altesaam 3 babas gebore en die kanse was goed dat nog een later gebore sou word.
Personeel by die George-provinsiale hospitaal moes behoorlik bontstaan, maar het opgewonde en vriendelik voortgaan om hul werk te doen.
Suster Mary Titus in beheer van die kraamsaal het gesê dis ’n rekord. “Ons het lankaas so baie geboortes op Nuwejaarsdag gehad.
“Die eerste baba, ’n seuntjie, is 8 minute voor 1:00 gebore. Hy weeg sowat 1 kg.”
Van die 12 babas is 6 seuntjies en 6 dogtertjies. “Ons is baie opgewonde.”
Alles het goed afgeloop. Een van die geboortes was met behulp van ’n keisersnee. “Ons is ’n baie trotse kraam-eenheid. Ons is baie trots op wat ons vir die gemeenskap doen en ons doen dit met passie. “Ek is baie dankbaar teenoor my kollegas en ons werk as ’n span.”
Kyk 'n video hieronder:
Dr. Carolyn Noel, geneesheer in beheer van die kraamsaal vir vandag, het gesê in die algemeen het alles baie goed afgeloop. “Almal is is gelukkig en gesond.”
Denellia Noordman van Uniondale het trots haar seuntjie, Dishaan vasgehou. Dis haar eerste kind. “Ek is baie opgewonde. Ek sal graag wil hê hy moet eendag ’n sokkerspeler word. Ek hoop net hy is gesond.”
La-Shay Wessel van Groot-Brakrivier, het haar seuntjie, Shaylin wat 2,6kg weeg, vasgehou. “Ek baie trots op hom. Ek wou graag ’n seun gehad het.”
La-Shay Wessel met haar seuntjie, Shaylin.
Babalwa Mtia se dogterjie, Alunamba is ook vandag gebore en weeg 3,189 kg. “Dis my eerste kind en ek is baie gelukkig. Ek wou ’n dogter gehad het.”
By die Mediclinic George was dit stiller, maar daar was ook opgewondenheid. Liezl Venter van die kraamafdeling het vertel dat teen 11:00 was 3 babas gebore en nog een was oppad. Onder hulle is ’n tweeling - ’n seuntjie en ’n dogertjie. Die tweeling se ouers is van Bloemfontein en hulle is met vakansie in die gebied. Die ander baba is ’n dogtertjie.
Volgens haar was daar al meer geboortes op Nuwejaarsdag by die hospitaal in die verlede. Daar was ook al tye dat daar geen geboortes was.
Babalwa Mtia hou haar dogterjie, Alunamba, vas. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'