GEORGE LEEFSTYL NUUS - September is kinderkanker-bewusmakingsmaand.
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beklemtoon gedurende die maand die belangrikheid daarvan om die publiek bewus te maak van kinderkankers.
Simptome 1:
- Been- en gewrigspyne, moegheid, bleekheid, swakheid, bloeding koors en gewigsverlies.
- Akute Limfoblastiese
- Leukemie (ALL)
- Mees algemene kinderkanker, 25% van alle gevalle
- Kom gewoonlik voor by kinders tussen die ouderdomme van 2 en 4 jaar.
- Meer algemeen by seuns.
- Begin in die beenmurg, versprei na die bloed en dan na die organe.
Simptome 2:
- Hoofpyne, duiseligheid, balansprobleme, visie, gehoor of spraakprobleme en gereelde braking.
- Breingewasse
- Breingewasse en ander gewasse van die senuweestelsel vorm ±13,4% van gevalle.
- Daar is baie verskillende soorte breingewasse en behandeling en die vooruitsigte van elkeen verskil.
- Die meeste begin in die laer dele van die brein.
Simptome 3:
- Verswakte vermoë om te loop, veranderinge van die oë (oë wat uitpeul) donker sirkels onder oë, ooglede wat hang, pyn in verskeie dele van die liggaam, diarree en hoë bloeddruk.
- Neuroblastoom
- Die oorsprong is van onvolgroeide senuweeselle in babas en jong kinders (jonger as 5 jaar).
- Begin dikwels in byniere.
- Meer algemeen by seuns.
Simptome 4:
- Swelsel of knop in die maag, koors, pyn, naarheid en swak eetlus.
- Wilms tumor
- Word gewoonlik gevorm in een nier, soms in beide niere, maar dit kom selde voor.
- Gewoonlik kom dit voor onder kinders tussen die ouderdomme van 3 en 4.
Simptome 5:
- Vergrote limfkliere in die nek, oksels of lies, gewigsverlies, koors, sweet en swakheid.
- Limfoom
- Begin in limfositiese selle in immuunstelsel.
- Beïnvloed limfkliere en limfweefsel.
Twee hoof tipes:
Hodgkin se limfoom/siekte
- Skaars in kinders jonger as 5 jaar oud.
- Soortgelyk in kinders en volwassenes.
Nie-Hodgkin limfoom
- Meer algemeen in jonger kinders maar skaars by kinders jonger as 5 jaar
- Kinders is geneig om beter te reageer op behandeling as volwassenes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'