Die hospitaal het afgeskop met die bekendstelling van ’n slagspreuk-kompetisie waar die uniekheid van borsvoeding en belangrikheid van ondersteu-ning aan die moeder beklemtoon is.
Altesaam 62 slagspreuke in Afrikaans en Engels met ’n tikkie Xhosa is ontvang en die twee wenners is onlangs aangekondig. Suster Marilyn Snel van die kraamsaal se slagspreuk, "Bors is gesond; so hou die baba rond" het ’n kruideniersgeskenkmandjie van Heatherpark Spar gewen en stafverpleegster Kiewiets van die kindersaal se slagspreuk, "Breast is best and takes care of the rest" het gesorg vir ‘n R200-kontantprys. Uitstalborde wat Outeniqua Hoërskool goedgunstiglik geleen het, het voor Saal B3 en Saal B4 ’n voorsmakie gegee van die inligting wat aan die nuwe moeders gegee word en ’n vertoonbord by die sitarea vir toelatings het almal herinner dat dit Borsvoedingsweek is.
Dr. Ilse Els en haar ma het goue strikkies, wat borsvoeding verteenwoordig, geskenk en dit is aan die hospitaal se personeellede uitgedeel om gedurende dié week te dra. Die tien stappe vir suksesvolle borsvoeding is ook saam met die strikkies uitgedeel en só is personeellede dan ook daaraan herinner dat die hospitaal weer in Oktober 2011 geëvalueer gaan word in terme van sy babavriendelike hospitaal-status. George-hospitaal het in 2005 die eerste keer hierdie status ontvang.
Pamflette aan pasiënte en indiensopleiding aan personeel het ook deel van die week se vieringe uitgemaak.
"Borsvoedingsweek is met entoesiasme by die hospitaal gevier en as dit ’n aanduiding is van die standaard van sorg by dié hospitaal, is ons nuwe moeders en hul babas in baie goeie hande," het dr. Els gesê.

Sr. Tissie Minnaar, Stafverpleegster Rochelda Kiewietz en sr. Hannetjie Jordaan.2