Gallery
GEORGE NUUS - Motorfietsryers en motorentoesiaste het die enjins laat brom en grom tydens 'n liefdadigheidsrit verlede Sondag vir 'n plaaslike dierewelsynsorganisasie. Die PDSA (People's Dispensary for Sick Animals) lewer bekostigbare dienste vir troeteldiereienaars wat nie privaat mediese onkostes kan bekostig nie.
Anton en Leigh-Anne Meyer van die organisasie Bikers vir Liefdadigheid, die organiseerders van die Paws In Need Run, is goed tydens hierdie uitreikaksie ondersteun. Lede van verskeie klubs, sowel as individuele motorfietsryers, het die geleentheid benut om te wys dat dierewelsyn hul steun geniet.
Die groep "brullendes" het van Paddagat in Knysnaweg na die PDSA in Conville vertrek, waar 'n kontantbedrag oorhandig is.
Hierdie geld is bekom deur die verkoop van 'n spesiale lapelwapen vir die Paws In Need Run. Ander skenkings sluit in komberse en speelgoed, sowel as 'n hele stoorkamer vol kat en hondekos.
Moira Gibbs, administrateur van die George-PDSA, glimlag van oor tot oor. "Ons is baie dankbaar vir die uitreikaksie en die moeite met die reëlings," het sy gesê. Gibbs bedank almal vir die ruim donasies.
"Ons sien uit na Desember 2019, wanneer die volgende Paws In Need Run vir die PDSA plaasvind."
Lede van die Satudarah-motorfietsklub het die uitreik ondersteun.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'