GEORGE NUUS - Die hof kon geen getuienis vind om die verdagte, Charlie Windwaai (24), met die 2016-moord van Wilderness-sakeman, Gideon Mativo te verbind nie.
Windwaai het op Vrydag 31 Januarie in die Thembalethu-streekhof verskyn waar hy deur landdros Pumela Yono vir roof met verswarende omstandighede en regsverydeling gevonnis is.
Mativo se lyk is op 12 Julie 2016, amper drie weke nadat hy op 25 Junie vermis geraak het, in 'n sloot naby Ballotsbaai in Thembalethu gevind.
Windwaai is kort daarna in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Mativo, oorspronklik van Kenia, het agt jaar voor sy dood na Wilderness verhuis. Hy het 'n juwelierswinkel in die Eden Meander-leefstylsentrum besit.
Die vonnis
Op die aanklag van roof is Windwaai tot 10 jaar tronkstraf gevonnis. Hiervan is twee jaar opgeskort. Op die klag van regsverydeling is hy tot vyf jaar gevonnis. Die vonnisse word samelopend uitgedien. Windwaai sal dus effektief agt jaar agter tralies spandeer.
Landdros Yono het in haar uitspraak genoem dat sy van die minimum vonnis afwyk omdat Windwaai reeds drie jaar in aanhouding is en van die begin af sy samewerking gegee het.
Regshulpprokureur, Gustav Deyce, het names Windwaai opgetree en Reinet de Waal was vir die staat.
Read previous articles:
- Mativo murder trial starts in April
- Mativo-moord môre weer in hof
- Businessman murder: No bail for accused
- 2 Up for murder, 1 still at large
- Businessman murdered: 2nd Suspect arrested
- Businessman dead: Suspect in court
- Wilderness businessman's body found
- Body of missing Kenyan man found
- 40-year-old Wilderness man missing
- Update: Missing man baffles police
- 40-Year-old Wilderness man missing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'