Update
GEORGE NUUS - Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die Wilderness-sakeman, Gideon Mativo, in 2016 vermoor het, het verlede Vrydag, 18 Januarie, vlugtig in die Thembalethu-streekhof verskyn.
Die saak is egter tot môre, 25 Januarie, uitgestel omdat die verdagte, Charlie Windwaai (23), se regsverteen-woordiger nie opgedaag het nie.
Mativo se lyk is op 12 Julie 2016 in 'n sloot naby Ballotsbaai in Thembalethu gevind, amper drie weke nadat hy op 25 Junie vermis geraak het.
Windwaai is reeds in aanhouding sedert hy kort na Mativo se dood in hegtenis geneem en borgtog geweier is.
Mativo se verlate motor, 'n Nissan Qashqai, is 'n paar dae ná sy verdwyning in 'n veld in Thembalethu gevind. Sy lyk, met verskeie steekwonde aan sy bolyf, is onder 'n klomp blare aangetref.
Die oorledene is oorspronklik van Kenia, maar het agt jaar voor sy dood na Wilderness verhuis. Hy was die eienaar van 'n juweliersware-stalletjie in die Eden Meander Lifestyle Centre.
Lees vorige artikels hier:
- Businessman murder: No bail for accused
- 2 Up for murder, 1 still at large
- Businessman murdered: 2nd Suspect arrested
- Businessman dead: Suspect in court
- Wilderness businessman's body found
- Body of missing Kenyan man found
- 40-year-old Wilderness man missing
- Update: Missing man baffles police
- 40-Year-old Wilderness man missing
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'