GEORGE NUUS - Wiele vir Liefdadigheid bied eers-komende Sondag, 6 Desember, weer hulle jaarlikse Pote in Nood-veldtog, ten bate van die PDSA aan.
Dit maak nie saak waarmee jy ry nie, enige voertuig is welkom om saam te ry - selfs trapfietse.
Voertuie vergader om 11:00 in die parkeerarea voor Checkers in Redefine-boulevard, Yorkstraat, van waar hulle met die lughawe-pad (R102) na OpiSpoor Pub & Grill in Groot-Brakrivier sal vertrek. Streng Covid-19-regulasies sal geld.
Enige donasies soos kos, komberse of speelgoed vir troeteldiere is welkom. Donasies kan ook vooraf by Gallie Sweis, Landy World of Terry's Auto afgelaai word.
Kontant bydraes kan direk in die PDSA se bankrekening inbetaal word.
Lapelwapens (badges) gaan by OpiSpoor verkoop word en deelnemers kan uitsien na 'n lekker veiling en 'n gelukstrekking met baie lekker pryse.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'