GEORGE NUUS - Wiele vir Liefdadigheid hou op Sondag 6 Desember ‘n fondsinsameling ten bate van die PDSA in George.
Alle voertuie is welkom om 11:00 in die parkeerarea by Checkers in Yorkstraat bymekaar te kom vanwaar hulle met die lughawepad (R102) tot by Opispoor Pub & Grill op Groot-Brakrivier gaan ry.
Daar wag ‘n heerlike spyskaart, kontant kroeg, gelukstrekkings en meer.
Die geld wat ingesamel word sal aan die PDSA oorhandigword om by te dra tot mediese behandeling en sterilisasies van die diere wat dit nodig het.
Vir meer inligting skakel vir Anton by 083 382 4510 of Leigh-Anne by 082 417 6861.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'