GEORGE NUUS - Wetstoepasser by Victoriabaai is aangerand. 'n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word deur die George-speurtak ondersoek, ná 'n wetstoepassingsbeamptes, Sondag 6 Maart by Victoriabaai aangerand is.
Die voorval het omstreeks 13:30 plaasgevind ná die beampte glo 'n groep strandgangers berispe het.
Dit het 'n onderonsie ontlont waarna die beampte met 'n stomp voorwerp teen sy kop geslaan en beseer is.
George-munisipaliteit het die voorval bevestig en gesê dit word verder deur die polisie ondersoek.
Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, is 'n 43-jarige verdagte later in verband met die voorval in hegtenis geneem. Teen druktyd was besonderhede rondom sy hofverskyning nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'